
=====================================================================
Leeskring-inspirasie (AV 5:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Leeskring-inspirasie

EEN van die gebeurtenisse, soos vermeld, wat in die dampkring van die Boekenbeurs plaasgevind het, was die "dag van die leeskringe". Dit is 
aangebied deur die Davidsfonds, 'n toonaangewende   uitgewery wat ook dinamies optree ten bate van kultuurbevordering in die algemeen.

Referate, boekuitstallings en -bekendstelling het tesame die beginsel onderstreep dat leeskringe in Vlaandere, net soos in Suid-Afrika, as 
'n kragbron in die opbou en instandhouding van 'n leeskultuur beskou word. Ek moes dink aan 'n segswyse hier by ons: "Leeskringe sal nog 
die laaste loopgrawe van die letterkunde in Suid-Afrika wees!"

'n Praktijkboek voor leeskringen is die dag bekendgestel. Daaruit   blyk duidelik hoedat die "Audrey Blignault-model" wat al soveel dekades 
'n rigtende invloed op Afrikaanse leeskringe het, waarvolgens die verskillende literre genres in die Afrikaanse n in wreldletterkunde 
bestudeer word, aansluit by wat in Vlaamse leeskringe aan die orde is. Audrey se handleiding Van leser tot leser (1980) sou saam met die   
"praktijkboek" in albei streke gebruik kon word!

Van belang is ook die inskakeling van leeskringe by 'n literre toerismebedryf wat toere in die woonstreke van skrywers en ook spesiale 
voordraggeleenthede en skrywersoptredes insluit. Sou dit dalk nie moontlik wees om oor kontinente heen wedersydse literre ekskursies in 
leeskringverband te organiseer nie? E.B.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av524.html> Enige kommentaar? (Kommentaar word publiek op die Web aangebied.) Skryf gerus aan die 
redaksie.  Kopiereg (c) Stigting vir Afrikaans 1999    Blaai terug | Blaai om
Terug na bo   /// Afrikaans Vandag -- April 1998 /// Afrikaanssprekendes, word onmisbaar! (AV 5:2) /// Ywer uit onverwagte oord (AV 5:2) 
/// Produktiewe aksies moet daaruit voortkom (AV 5:2) /// Leeskring-inspirasie (AV 5:2) /// Een bre Afrikaanse front (AV 5:2) /// Die 
antwoord op: Hoe leer ek Afrikaans? (AV 5:2) /// Op die stoep gaan hulle skater van plesier (AV 5:2) /// Afrikaans: 'n nuttige stuk 
gereedskap (AV 5:2) /// Afrikaans vir die Afrikane? (AV 5:2) /// Afrikaanse bewegings moet besin oor oogmerke (AV 5:2) /// 'n Woordlint van 
land tot land (AV 5:2) /// Afrikaans gryp uitdagings (AV 5:2) /// Hoe stewig is die handevat? (AV 5:2) /// 'n Gelukkige huis lok vele 
vriende (AV 5:2) /// In die ban van Karoo-Afrikaans (AV 5:2) /// Die wel en wee van 'n politieke tolk (AV 5:2) /// 'n Reis van 
selfontdekking (AV 5:2) /// Nederlands wil Kaaps raakvat (AV 5:2) /// Taalvriendskap is nou moontlik (AV 5:2) /// 'n Briljante seun, Meyer 
(AV 5:2) /// Sonde met die Cravense bure (AV 5:2) /// PALJAS, paljas is die as nou af? (AV 5:2) /// Die smeerstorie (AV 5:2) ///

